Kontak ons gerus vir meer inligting

Boplaas 1743 Landgoed is histories verbind met die Afrikaanse skrywer en digter, I.W. van der Merwe, beter bekend as Boerneef.  Nie net was hy ‘n nabye familielid nie, maar hy was ook hier gebore. Hy was baie lief vir Boplaas en het gereeld daarna verwys in sy werk.

 

Oupa Carl van der Merwe was ook ‘n kranige en produktiewe skrywer en sy werk sal ook eersdaags te koop aangebied word.  Ons span kenners is tans besig om die oorspronklike uitgewery weer op die been te bring, sodat ons hierdie waardevolle Africana weer opnuut aan die brëer publiek beskikbaar kan stel. Meer inligting oor Boerneef se lewe en loopbaan is hier beskikbaar.

Boerneef

"Die berggans het ‘n veer laat val

van die hoogste krans by Wuppertahl

my hart staan tuit, al meer en meer

met dese wil ek vir jou sê

hoe diep my liefde vir jou lê..."

-Boerneef (I.W. van der Merwe) 1959

Bekroonde Digter
Wêreldreisiger
Akademikus
Boplaas

Tradition